Lockdown en die Vryheid om te eet.

Iets heeltemal nuuts het in my lewe gebeur: Ek het besluit ek gee vir myself toestemming om enige iets te eet. Vryheid om enige iets te eet. Geen reëls. En van daar het ‘n nuwe, eenvoudiger lewe homself vir my oopgemaak.

Eerstens het ek agter gekom hoe dieselfde stem wat Anoreksie-lyers torment, ook vir my torment. Vir seker die laaste 20 jaar al! Ek is nou 27 en ek onthou hoe ek op ‘n skaal gestaan het seker hier by ouderdom 6 of 7. En toe sien ek die 15kg wat op die skaal staan. Wat nie belangrik was nie… wat wel belangrik was, was hoe ek op daai jonge ouderdom met myself baklei het omdat ek “vet” was. Ouderdom 12 het ek besluit ek moet nooit meer as 30kg weeg nie. Hemele bedek my, die dag toe ek op die skaal klim en sien ek weeg 32kg. Omdat ek so “vet” was, het ek besluit om trampolien te gaan spring en kort-kort terug gekom om myself te weeg. Ek was so klein. En hierdie geheim was hier binne my: “Ek is vet, en ek raak al hoe vetter. Ek moet alles doen om dit te stop.”

Ouderdom 15 – 16, het ek vir my eetplanne uitgewerk. Nooit regtig daar by gehou vir langer as 5dae nie. Ek het gewens ek het soveel wilskrag soos mense met Anoreksia. Ek het gecraveeee vir mense om te sê ek is klein of maer. En so gaan dit al aan vir die laaste tien jaar. Ek het die laaste 2 jaar intermittend fasting gebruik as verskoning om op te hou eet. Ek het op hou eet om op te maak vir my ooreet sondes.  

Ek was vir die laaste 2 jaar konstant besig om myself uit die mure te dryf met skuld gevoelens van “te min geduld”. Met myself en ander. En eintlik was ek maar net honger! In die oggende by die werk, gaap ek seker 5 keer in ‘n kwessie van 15 minute en in my agterkop het ek gedink, dis omdat jy teveel eet. Bygesê – hier het nog nie geëet nie. Ek sou eers 12 uur eet. Dit was ook waaraan ek gedink het deur die oggend. Ek dink hoe ek net moet vasbyt, want ek kan amper eet. En dan die skuldgevoelens… En die vrees dat ek later gaan ooreet, maar gelukkig het ek vir myself net genoeg kos ingesit. Gewoonlik goed soos vrugte en amandels. En eintlik al wat ek wil hê is chocolate. Teen 12 uur loop ek duiselig die gang af. Ek sê vir myself ek moet lekker vinnig loop om die laaste kos uit my lyf te verbrand. Ek is bly ek is so ver van die personeelkamer af, want dit beteken meer energie word verbrand. Ek dink ook dit sal my help om bietjie warmer te kry. En so lees ek hierdie afgelope week, dat anorexia verband hou met heeltyd koud kry. Ek het gedink, dit is maar net hoe ek is. My hande is maar net koud. My voete is maar net koud. En dan het ek gedink, dit is baie goed – want dan moet my lyf harder werk om homself warm te kry, en dan verbrand ek meer vet. Wen-wen, het ek gedink.

So gepraat van gange en daai bekende gevoel om met soveel wilskrag deur die duislig te probeer breek, onthou ek ‘n dag wat die verpleegster ‘n draai kom maak het en ons gesondheid kom ondersoek het. “Wow!”, het sy gesê, “jy is topfiks met hierdie lae hartklop.” Ek was so trots. Ek het my fitness instructortjie laat weet (en meeste van my vriende), en ek wonder of sy gedink het “hoe op aarde?”, want by die bootcamp klasse wat ek gemiddeld 2 keer ‘n week myself na toe gesleep het, het ek regtig nie so uitgeblink nie. Nou lees ek, lae hartklop is nog ‘n gevaarteken van anorexia. En ek het dit soveel maal in my borskas gevoel. Ek het stil geraak van hongerte (en dan het ek gedink “dis goed, wees stil en wees klein”), en in daai stilte, wat alles eintlik slowmotion raak en selfs my maag weet hy moet stil bly, het ek gehoor hoe dof en stadig my hart hier in my klop.

Nog iets oor daai gange: Ek onthou hoe ek daar stap, vinnig, koud en duiselig. Oppad om een of ander ding op my to-do lysie af te tick. En terwyl ek so stap, voel ek met my hande aan my lyf. Ek voel aan my heupe, my maag, my boude. Ek voel net nog vet. Gedagtes maal en maal en ek beweeg sommer vinniger en fokus weer op my to-do lys. Want to-do lysies was nog ‘n manier om my moeë lyf te kry om goed te doen…

Liewe Hemel. Dinge gaan anders wees na Lockdown.

Published by vryheidsontdekker

Ek het eenmaal in ‘n huis in Berlyn gelees: “Alle menschen denken.” Dit klink net nog meer fantasties in Duits! So dis wat ek doen – ek dink. Ek hou van Afrikaans en hoe hartseer as ons dit moes agterlos. Ek meng wel my Taal; bietjie met Engels en teleurstellend min met Duits.

3 thoughts on “Lockdown en die Vryheid om te eet.

    1. Dankie liewe Toortsie! Ek waardeer hierdie boodskap. Ek is eintlik lank en lig, maar saam met dit gaan sóveel druk. Lockdown en alles wat stilstaan het my laat besef hoe ek leef, en dat dit nie normaal nie. Die pad van gesond-word is só wonderlik en eintlik so maklik. Baie liefde.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: