Ode aan Ouma

Helo aan my dierbare een volger, Toortsie en my kinders en dalk kleinkinders eendag as julle hierdie lees.

Ek deel hierdie storie waaraan ek vandag dink. Gedeeltelik fiksie, gebasseer op ware spesiale, herinneringe.

So ek het die dag twaalf geraak en ek het letterlik ‘n verjaarsdagpakkie aangehad. Turquoise, my ouma se gunsteling kleur. Ek het vir die dag alleen by haar gaan kuier en ek’t so mooi gevoel – daai verjaarsdag gevoel: hare los en die Lente my parfuum. So amper tiener en ek voel eweskielik met meer emosies en ek voel daai dag móói!

Ek het altyd eers aan die deur geklop by haar klein, oranje woonstel, maar sy het my nooit gehoor nie. By haar kamer ingekom het sy voor haar spieël gesit en haar lang grys hare met ‘n sagte borsel geborsel. RSG in die agtergrond het sy vir my, my verjaarsdag kaartjie gegee. Dit was altyd afgesluit met “Drukkies en soentjies, Ouma”.

Alles omtrent haar was net sag en soet en liefdevol. Snaaks hoe ek kan onthou hoe mense met haar lelik was. Soos die een tannie wat daai dag aan haar deur kom klop. Hard en onbeskof. ‘Môre ou vrou’, aanvallend hoor. Êrens het sy gesê my ouma is suinig. Die audacity, simpel vroumens… het ek gedink. Wie het nou vir haar genooi? Dis elkgeval my verjaarsdag.

Maar hier is nou die mooi deel. Daai engel vrou ouma; Sy’t eintlik gesweef soos wat sy na die tannie toe stap en vir haar ‘n môre drukkie gee. En ‘n wang-soen. ‘Jy is net betyds, Gerda*. Ons vier ‘n verjaardag. Ek sit die ketel aan.’ Gerda het nog bietjie gehap, maar ouma se warm liefde het haar bitterheid voor my oë ingesluk.

En dit was my twaalfde verjaardag. Ek, die twaalf jarige lady, ouma en Gerda. Tee in fyn teekoppies wat ek met ‘n tuitmond drink en die geelste geel vlakoek wat in jou mond smelt. Hulle het vir my gesing en ouma het een groot kers in die koek gedruk. Soos daai wit kerse wat mens gebruik as die krag afgaan.

Dankie oums, jou liefde het daai dag virewig gered.

Published by vryheidsontdekker

Ek het eenmaal in ‘n huis in Berlyn gelees: “Alle menschen denken.” Dit klink net nog meer fantasties in Duits! So dis wat ek doen – ek dink. Ek hou van Afrikaans en hoe hartseer as ons dit moes agterlos. Ek meng wel my Taal; bietjie met Engels en teleurstellend min met Duits.

8 thoughts on “Ode aan Ouma

  1. Pragtige storie en ek dink jou ouma was dierbaar. Ek gaan jou vandag aan ‘n wonderlike span vroue voorstel, ons noem onsself die Towerinne. Ek glo hulle sal kom inloer.

    Like

  2. Toe ek destyds begin blog het, het die Herriemerrie vir my geleer om jouself bekend te stel deur op ander blogs kommentaar te lewer. Dis presies wat jy by my gedoen het en ek toe kom loer het. 😁 Sommer gou sal jy ‘n klomp blogmaatjies hê.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: